Bill Nighy

Bill Nighy
Bill Nighy in 2014
Bill Nighy in 2014

Geboortenaam William Francis Nighy
Geboorte 12 Desember 1949
Caterham, Surrey, Engeland
Nasionaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Beroep(e) akteur
Aktiewe jare 1976–hede
Internet-rolprentdatabasis-profiel

William Francis "Bill" Nighy (uitgespreek /naɪ/;[1] gebore op 12 Desember 1949) is 'n Engelse akteur. Voor sy eerste filmrol in 1981 het hy in teater en televisie gewerk. Sy eerste film waarin hy naam gemaak het was The Men's Room in 1991. Hierin het hy die rol van die vrouejagter, Professor Mark Carleton, vertolk. Laasgenoemde se buite-egtelike verhoudings het hom "lewenskrag" gegee.[2]

Nighy is geken vir sy vertoning in Love Actually. Ander merkbare rolle wat hy in die film-bedryf vertolk het sluit in sy rol van Davy Jones in Pirates of the Caribbean: Dead Man's Chest en Pirates of the Caribbean: At World's End, asook Viktor in die Underworld-filmreeks.

  1. Bill Nighy – Nighy Accepts Surname Mispronunciation. contactmusic.com. 30 Junie 2006. Besoek op 10 Februarie 2010.
  2. The Men's Room, The Internet Movie Database, besoek op 23 November 2009.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search